Ceratopsia

Ceratopsia
Tydperk: Laat JuraLaat Kryt
158–65.5 m. jaar gelede
Triceratops-skelet (Smithsonian-museum).
Wetenskaplike klassifikasie
Koninkryk:
Filum:
Superorde:
Orde:
Suborde:
Superfamilie:
Ceratopsia

(Marsh, 1890)
Ceratopsia
Kladistiese klassifikasie
Koninkryk: Animalia
Filum: Chordata
Klade: Dinosauria
Orde: Ornithischia
Klade: Marginocephalia
Suborde: Ceratopsia
(Marsh, 1890)

Ceratopsia of Ceratopia (Antieke Grieks vir "horinggesigte") is ’n groep plantvretende dinosourusse met snawels wat tydens die Kryt-periode gefloreer het in wat nou Noord-Amerika, Europa en Asië is. Van hul voorsate het vroeër, in die Jura, geleef. Die vroegste bekende seratopsiër, Yinlong downsi, het tussen 161,2 en 155,7 miljoen jaar gelede geleef.[1] Die laaste Ceratopsia-spesies het in die Kryt-Paleogeen-uitwissing 66 miljoen jaar gelede uitgesterf.[1]

Vroeë lede van die groep, soos Psittacosaurus, was klein, tweevoetige diere. Latere lede soos Centrosaurus en Triceratops, het ontwikkel in baie groot viervoetige diere met oordadige gesighorings en krae wat oor die nek gestrek het. Hoewel die krae die dun nek kon beskerm het teen roofdiere, kon dit ook gebruik gewees het vir vertoon of vir die regulering van hitte. Hulle het gewissel van 1 m en 23 kg tot langer as 9 m en 5 400 kg.

Triceratops is onder die algemene publiek verreweg die bekendste seratopsiër. Genusname in die groep eindig dikwels in "-ceratops", maar nie altyd nie.

  1. 1,0 1,1 Holtz, Thomas R. jr. (2011) Dinosaurs: The Most Complete, Up-to-Date Encyclopedia for Dinosaur Lovers of All Ages, Winter 2010 Appendix.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search